'Befondsingsbeperkings het vervolging uit die apartheid-era belemmer'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 46 minutes ago
- 1 min read
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê begrotingsbeperkings het pogings om misdade uit die apartheid-era te vervolg, belemmer.
Lamola het, in sy hoedanigheid as die voormalige minister van Justisie, Maandag teruggekeer na die getuiebank by die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) se Ondersoek na Sake. Hy het onthul dat betrokkenheid by slagoffers se families rondom die COVID-19-tydperk begin het.
Lamola sê die Stigting vir Menseregte het kommer uitgespreek oor ’n gebrek aan toegewyde hulpbronne vir WVK-sake. Hy voeg by hulle het aan die stigting gesê dat die departement besig is om die probleem aan te spreek.
LUISTER HIER:
Ronald Lamola








Comments