Bek- en klouseer in dipdam in KwaZulu-Natal opgespoor
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 3
- 1 min read
Die Ministerie van Landbou het vee-boere landwyd aangemoedig om dierebewegings so veel as moontlik te beperk, nadat bek- en klouseer (BK) in KwaZulu-Natal bevestig is. The South African berig dat toetsuitslae die voortgesette teenwoordigheid van BK in KwaZulu-Natal bevestig. Beeste by 'n dipdam in Mtubatuba het positief getoets vir die siekte. Rosestad-nuus het vroeër berig die Vrystaatse Departement van Landbou het 'n beroep op kalmte gedoen ná die opsporing van moontlike BK-gevalle, terwyl hulle gewag het op laboratoriumuitslae vir bevestiging.





Comments