Bela: Die regulasies spreek nie klaskamerprobleme aan nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 days ago
- 1 min read
Die nuwe konsepregulasies ingevolge die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) spreek nie die daaglikse probleme wat onderwysers in klaskamers ervaar voldoende aan nie. Dit is volgens onderwyskenner Mary Metcalfe.
Volgens eNCA sê Metcalfe dat die konsepregulasies se voorskrifte oor wat die fisiese infrastruktuur behoort te wees, vir die meerderheid provinsies uiters uitdagend is. Metcalfe voeg by onderwysers moet behoorlik behandel word, soos dit in die 15 jaar oue beleid oor onderwyserontwikkeling beoog word.
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het nuwe konsepregulasies ingevolge die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette bekendgestel. Ouers, onderwysers, leerders en skole kan nou die voorstelle bestudeer en terugvoer indien voordat dit gefinaliseer word. Openbare kommentaar sluit op 5 September.








Comments