top of page

Belastingbetalers dra die regskoste van 12 moordverdagte soldate

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 31, 2025
  • 1 min read

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het in ʼn parlementêre antwoord onthul dat belastingbetalers vir die regskoste opdok van die 12 soldate van die Suid-Afrikaanse Weermag wat teregstaan op aanklagte van moord.

Die soldate staan tereg weens die beweerde sluipmoord op die Valke-ondersoeker Frans Mathipa.

Die minister het bevestig dat die soldate staatsgefinansierde regshulp ontvang ingevolge die Verdedigingswet.

Afgesien van hulle regskoste wat betaal word meen kritici dat hulle voorkeurbehandeling ontvang in die hantering van die saak.

 
 
 

Comments


bottom of page