Bendeverwante moorde in SA het met byna 50% gestyg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 17
- 1 min read
Bendeverwante moorde in Suid-Afrika se metropole het met byna 50 persent gestyg sedert die weermag as deel van Operasie Prosper ontplooi is.
Volgens Rapport is 197 bendeverwante moorde in April aangeteken – die eerste maand van die operasie – vergeleke met 133 in dieselfde tydperk verlede jaar.
Die operasie behels die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag saam met die polisie en metropolisie in bendewoelgebiede, veral in die Wes-Kaap.
Veiligheidskenners waarsku egter dat groter sigbare polisiëring alleen nie genoeg is om bendemisdaad hok te slaan nie. Hulle meen die strafregstelsel sukkel steeds om bendelede suksesvol vervolg en agter tralies te kry.
Volgens kenners wys die jongste syfers dat die ontplooiing tot dusver min tasbare invloed op bendemoorde gehad het.
Die regering hou egter vol dat die operasie nodig is om geweld in gemeenskappe te beperk en wetstoepassing te versterk.
Operasie Prosper is vroeër vanjaar deur president Cyril Ramaphosa goedgekeur.








Comments