top of page

Beskikbaarheid van entstowwe teen bek-en-klouseer wek kommer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 20
  • 1 min read

Die voorsieningskettingbestuurder van Beefmaster Group, Roelie van Reenen, het sy kommer uitgespreek oor die beskikbaarheid van entstowwe vir gespletehoefdiere teen bek-en-klouseer.

Hy voeg by as ons ernstig is oor die beskerming van ons nasionale kudde en die ekonomie, móét genoeg entstowwe beskikbaar en toeganklik wees.

Maroela Media berig die regering het onlangs aangekondig dat ʼn groot toename in entstofvoorrade in KwaZulu-Natal beskikbaar gestel is.

LEES MEER: 

Daar is egter vrae oor die konsekwentheid van hierdie voorsiening en die doeltreffendheid van die verspreiding daarvan.

Volgens Van Reenen is daar ook steeds wanopvattings oor biosekuriteit. Hy sê ware biosekuriteit begin by die plaashek, en enige vlak van selfvoldaanheid – veral die idee dat geografiese ligging jou beskerm – is ʼn gevaarlike wanpersepsie.

Van Reenen sê elke deelnemer in die waardeketting moet die erns van die situasie besef. Dit gaan nie net oor ekonomie nie – dit gaan oor voedselveiligheid, werksekerheid en die voortbestaan van ʼn hele industrie.

 
 
 

Comments


bottom of page