Besnoeiings aan Regshulpbefondsing bedreig die strafregstelsel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 14
- 1 min read
Die adjunkminister van Justisie, Andries Nel, sê finansiële beperkings by Regshulp Suid-Afrika kan wyer gevolge vir die strafregstelsel inhou.
Nel het tydens ’n vergadering van streekhofpresidente en hooflanddroste gesê die Departement van Justisie het op 30 Julie met die minister van Finansies, Enoch Godongwana, vergader om kommer oor Regshulp Suid-Afrika se verminderde begroting te opper.
Hy sê indien beskuldigdes nie regsverteenwoordiging kan bekom nie, kan howe nie met sake voortgaan nie.
Dit lei tot uitstel, langer saaksiklusse, groter druk op aanklaers en regterlike beamptes, en moontlik langer tydperke van aanhouding.








Comments