top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Beter beskerming van noodpersoneel word gevra

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 31
1 min read

Die noodpersoneelvakbond Saepu vra vir beter beskerming van noodmediese personeel.


Hulle vra ook dat noodpersoneel op hoërisiko-roetes, veral snags, van sekuriteitsbegeleiding voorsien word.


Die vakbond wil ook hê dat ambulanse met GPS-opsporing, paniekknoppies en verbeterde kommunikasiestelsels toegerus word.


Dit volg nadat twee lede die naweek deur gewapende verdagtes op die N1-snelweg naby Phumlani Plaza in Gauteng aangeval is.


Saepu vra verder dat die verdagtes in hegtenis geneem en vervolg word, en dat die betrokke noodpersoneel psigososiale ondersteuning ontvang.


Volgens inligting oor die voorval het die ambulans glo oor ’n spykerstrook gery terwyl dit ’n pasiënt vervoer het. Die bemanning het gestop om die voertuig te ondersoek, waarna twee gewapende mans hulle genader en op hulle losgebrand het. Die twee noodwerkers is nie beseer nie.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page