top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Betogings in Frankryk toon geen tekens van stop nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
57 minutes ago
1 min read

Geen aanduidings bestaan dat die betogings in Frankryk binnekort gaan eindig nie nadat nóg 'n massa-betoging Sondag plaasgevind het.


SABC-nuus berig meer as 1 000 mense is in verband met die gewelddadige opstande in hegtenis geneem en tientalle is volgens berigte in die protesoptrede beseer.


Soortgelyke tonele speel ook in ander Europese lande af weens frustrasies oor die hoë lewenskoste, toestande by skole en die gehalte van maatskaplike dienste.


Massa-betogings in Frankryk duur voort. FOTO: Chatham House
Massa-betogings in Frankryk duur voort. FOTO: Chatham House

 
 
 

Comments


bottom of page