Beweerde daggahandel laat 'n Vrystaatse beampte in boeie beland
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
'n Korrektiewe beampte is by die Sasolburg Korrektiewe Sentrum in hegtenis geneem nadat hy na bewering met dagga handel gedryf het.
Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani het die polisie op 'n klagte gereageer en die 52-jarige man op die perseel van die sentrum aangekeer.
Altesaam 803 sakkies dagga met 'n geraamde straatwaarde van sowat R8 000 is in beslag geneem.
Die beampte staan tereg op aanklagte van die besit van en handel in dagga en sal binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn.








Comments