top of page

Beweerde diefstal by Bloemspruit ontketen 'n politieke storm

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 1
  • 1 min read

'n Politieke storm is ontketen ná die onthulling van ammunisie wat glo vroeër by die Bloemspruit-lugmagbasis buite Bloemfontein gesteel is.

Die DA sê hy gaan versoek dat die minister van verdediging antwoorde gee oor beweerde gebrekkige veiligheid hier.

Maroela Media berig die DA-LP, Chris Hattingh, sê die beweerde diefstal is die “voorspelbare gevolg” van jarelange nalatigheid en roekelose veiligheidstekortkominge. Hy voeg by dit is nog meer skokkend dat die diefstal glo lank reeds ongemerk verby gaan.

Die ammunisie is glo nie volgens protokol gestoor nie omdat die ammunisiekamer by Bloemspruit as onveilig beskou is.

Die gebrekkige veiligheidsmaatreëls is teenstrydig met ʼn onderneming wat in Mei vanjaar aan die portefeuljekomitee gegee is om die situasie reg te ruk.

Woordvoerder van die weermag, Prince Tshabalala, kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page