top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Beweerde pedofiel na verwagting in Vrystaatse hof

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 2, 2025
1 min read

'n Man wat na bewering skoolseuns uitgebuit het om seksueel eksplisiete video’s en foto’s van hulself aan hom te stuur, sal na verwagting Maandag in die Dewetsdorp-landdroshof verskyn. Polisiewoordvoerder, sers. Mahlomolo Kareli, sê voorlopige analise van elektroniese toestelle wat met die man se inhegtenisname op beslag gelê is, dui daarop dat ander potensiële slagoffers tussen 14 en 16 jaar oud geïdentifiseer is. Maroela Media berig die beskuldigde het vlugtig in die Blue Downs-landdroshof verskyn voordat die saak na Dewetsdorp oorgeplaas is. Hy staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder seksuele uitbuiting, seksuele gereedmaking en die fasilitering van die skep van kinderpornografie. 'n Klag is in Februarie vanjaar deur ’n kliniese sielkundige by ’n skool in Dewetsdorp ingedien, waar daar beweer is die verdagte twee seuns van 15 en 16 jaar oud uitgebuit het deur hulle te lok met valse beloftes van geskenke in ruil vir seksueel eksplisiete video’s en foto’s.

 
 
 

Comments


bottom of page