Beweerde Vrystaatse opleidingskampe vir Lesotho-soldate word ondersoek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 27, 2025
- 1 min read
Bewerings dat ʼn rebelle-weermag van Lesotho op Vrystaatse plase opgelei word, was hoog op die agenda tydens 'n vergadering van die polisie se hoofkommissaris, Fannie Masemola, en sy provinsiale hoofde.
Lesotho se polisiekommissaris, Borotho Matsoso, het vroeër beweer dat ʼn groep genaamd Malata Naha in Lesotho veral Basotho-jongmense werf en militêre opleiding op Vrystaatse plase aan hulle verskaf.
Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê verskeie soektogte is op verskillende geïdentifiseerde plase gedoen en tot dusver is geen bewyse hiervan gevind nie. Die Valke se eenheid vir misdaad teen die staat help ook met die ondersoek.
Volgens Maroela Media het albei lande se kommissarisse ingestem dat die bestaan van sulke kampe ondersoek word.
Suid-Afrikaners word gevra om nie paniekerig of bekommerd te wees nie. Die polisie van albei lande handhaaf ʼn hoë vlak van waaksaamheid.






Comments