Bewerings teen ’n uitgewersmaatskappy word ondersoek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 13
- 1 min read
Die Departement van Basiese Onderwys sal ’n maatskappy aanstel wat bewerings teen ’n uitgewersmaatskappy sal ondersoek. Die maatskappy het ’n groot deel van die goedkeurings ontvang om leer- en onderrigondersteuningsmateriaal vir die departement te publiseer.
Die departement het aan die parlement se Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys gesê dat die verwysingsraamwerk om die ondersoekende maatskappy aan te stel, goedgekeur is. Die komitee sê hulle sal die Openbare Beskermer vra om hul eie ondersoek te doen.
Rosestad-nuus het vroeër berig die Departement van Basiese Onderwys het bewerings van onreëlmatighede in sy handboekverkrygingstelsel verwerp. Die departement sê sy stelsel is deursigtig en ontwerp om gehalte en koste-effektiwiteit te verseker.








Comments