Bfn-paaie sluit vir Lekota se gedenkdiens
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaleit waarsku motoriste dat verskeie paaie Donderdagoggend van 06:00 af gesluit of beperk sal wees weens die gedenk-, kerk- en begrafnisdienste van die voormalige Vrystaatse premier, Mosiuoa “Terror” Lekota.
Luidens die munisipaliteit se kennisgewing sal parkering Donderdag van 06:00 af in De Villiers-, Charles- en Nelson Mandelastraat gereserveer wees.
Vrydag sal daar vir die kerkdiens van 15:00 af ’n gedeeltelike padsluiting in Britzweg langs die St Rose Rooms-Katolieke Kerk in Bochabela wees.
Saterdag word Parkweg tussen Parfitt- en Ellastraat van 06:00 af heeltemal vir die begrafnisdiens gesluit.
Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te beplan.








Comments