top of page

Bfn DBV ontvang ‘n welkome skenking

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 14 minutes ago
  • 1 min read

Die Bloemfontein Dierebeskermingsverenining (DBV) het onlangs ’n besonderse skenking ontvang.


Dit nadat hulle op sosiale media hulp gevra het vir ’n nuwe of tweedehandse skootrekenaar.


Volgens die DBV het MSI Suid-Afrika vorendag gekom en nie een nie, maar twee splinternuwe MSI Modern 14-skootrekenaars aan die organisasie geskenk.


Die DBV sê die toerusting gaan ’n groot verskil maak in hul daaglikse bedrywighede, insluitend administrasie, inspeksies, welsynswerk en kommunikasie met skenkers.


Hulle het MSI Gaming bedank vir hul ondersteuning en sê dié gebaar help hulle om nog meer tyd en energie te bestee aan wat regtig saak maak – die versorging van diere in nood.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page