top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bfn se Nike-meisie vaar goed internasionaal

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die jong Bloemfonteinse atleet wat deur die internasionale sporthandelsmerk Nike geborg word, het Sondagoggend aan die Wêreldatletiek o. 20 kampioenskap in Oregon, Amerika, deelgeneem.


Rumé Burger het gelykop sewende geëindig in die eindronde van die 200 m naellope.


Volgens die C&N Nasionale Meisieskool Oranje se Facebook-blad het Rumé haar uitdun in ‘n persoonlike beste tyd van 23.17 sekondes gewen. In haar halfeindronde het sy met ‘n tyd van 23.18 vir die eindronde gekwalifiseer. Albei tye is aansienlik vinniger as haar vorige persoonlike beste van van 23.49.


Haar ma, Marinda, sê vanuit Amerika aan Rosestad-nuus dat as Rumé weer daardie tye in die eindronde gehardloop het, sy waarskynlik vierde sou geëindig het.


Rumé sê haar grootste gebed was om in die eindronde te kon deelneem.


LUISTER HIER:


Rumé Burger

FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf



 
 
 

Comments


bottom of page