top of page

BKS: Die VF Plus eis gratis behandeling

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 24
  • 1 min read

Die VF Plus dring daarop aan dat alle behandeling vir die staatsbeheerde siekte, bek-en-klouseer, gratis moet wees. Die party eis ook vinniger toetsing, onmiddellike inenting by bevestigde terreine en streng beperkings op die beweging van vee.


Newskoop berig die VF Plus se provinsiale leier, Jan van Niekerk, het met die Vrystaatse LUR vir Landbou, Elzabé Rockman, en belangrike landboubelanghebbendes, insluitend staatsveeartsenykundige dienste, vergader om die krisis te bespreek. Hy waarsku oor ernstige finansiële druk op boere en die breër ekonomiese impak.


Alhoewel geen entstowwe tans beskikbaar is nie, verwag owerhede voorrade teen Februarie, met prioriteitsinenting wat vir brandpuntgebiede beplan word.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page