BKS: 'n Afdeling van Bloemskou word geskrap
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 19
- 1 min read
Die Bloemskou se beeste- en kleinveeskou is vanjaar afgestel in die lig van die bek-en-klouseer-uitbraak.
Maroela Media berig alle ander afdelings van die skou tussen 23 April en 2 Mei 2026 gaan voort.
Bloemskou se uitvoerende hoof, Elmarie Prinsloo, sê die besluit kom nie ligtelik nie, maar dat dit na aanleiding van die huidige omstandighede van groot belang is dat die risiko van verspreiding sover moontlik beperk word. Sy sê die situasie herinner sterk aan die Covid-19-pandemie, maar die besluit word geneem in oënskou van die nasionale situasie en krisis.
Prinsloo sê die nasionale saalperdskou, perdekompetisies, asook die handelskou met uitstallers, vermaak, pretpark en kosstalletjies se reëlings is getref en word met groot entoesiasme aangebied.







Comments