BKS: VL sê 'n staatsmonopolie op inenting kan die vleisbredryf breek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 22
- 1 min read
Die president van Vrystaat Landbou (VL), Francois Wilken, sê die staatsmonopolie oor die bek-en-klouseerkrisis moet gebreek word sodat entstof onmiddellik in boere se hande geplaas kan word.
VL se vise-president, Friedl von Maltitz, voeg in 'n verklaring by die veebedryf se ekonomiese volhoubaarheid en voortbestaan is onder beleg.
Die verklaring lui voorts dat die staat se huidige hantering van die saak dui op hul tekortkominge wat betref kapasiteite en sisteme wat heeltemal verval het, en realisties het hulle nie die vermoë om die siekte onder beheer te bring nie.
Wilken sê boere moet toegelaat word om so vinnig moontlik in te ent om die onbeheerde verspreiding van BKS te stuit.
Speel klank – Wilken – Ilde







Comments