BKS: Entstofpryse word glo gedokter

Bewerings doen die ronde dat pryse vir entstowwe teen bek-en-klouseer gelaai word. Dit terwyl Suid-Afrikaanse boere ‘n stryd voer teen die ergste voorval van die siekte wat die land nog gehad het.
Nova News berig die minister van landbou, Willie Aucamp, het ‘n vergadering met die Onderstepoort Biologiese Produkteraad (OBP) gehad om bewerings van ernstige oortredings wat verband hou met die pryse van entstowwe, te bespreek.
Volgens Moneyweb het die OBP bek-en-klouseer-entstowwe teen R45 gekoop en dit aan boere teen tussen R70 en R130 verkoop, wat bewerings laat ontstaan het dat die staatsentiteit wins maak uit die enstowwe.
Ná die vergadering het die raad as voorsorgmaatreël sy uitvoerende hoof, Jacob Modumo, geskors en hom vyf dae gegee om redes te verskaf waarom sy diens nie opgeskort moet word nie.








Comments