top of page

BKS: Entstowwe gaan eerste aan die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 22
  • 1 min read

Die eerste besending entstowwe teen bek-en-klouseer, wat Saterdag in Suid-Afrika vanaf Argentinië geland het, sal eerste gestuur word na die provinsies wat dit die meeste nodig het – insluitend die Vrystaat.


SABC News berig die een miljoen doserings is na die Onderstepoort-sentrum vir biologiese produkte geneem, vanwaar dit versprei sal word.


Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê egter die entstowwe is nie die enigste oplossing nie, maar dat die klem moet wees op goeie biosekuriteit op plase.


Intussen berig Maroela Media die DA verwelkom die besluit om private veeartse toe te laat om die entstof toe te dien, en dat dit ’n belangrike stap is om die land se reaksie op die siekte te versnel.


Die party sê povinsies wat vir die uitrol verantwoordelik is, moet nou seker maak dat inentingspersele, koueketting-logistiek en koördinering met produsente-organisasies volledig in plek is.


John Steenhuisen. FOTO: Maroela Media
John Steenhuisen. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page