top of page

Naval Hill neem BKS ernstig op

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 20
  • 1 min read

Te midde van die huidige uitbraak van bek-en-klouseer (of te wel BKS) - is streng biosekuriteitsmaatreëls by die Franklin Wildreservaat op Naval Hill in Bloemfontein ingestel.


Die hoogs aansteeklike virussiekte raak gesplete hoefdiere diere, insluitend wildspesies wat op Naval Hill voorkom, en die stappe is nodig om hul gesondheid te beskerm en moontlike blootstelling te beperk.


Daar word verder in ‘n kennisgewing genoem dat alle voertuie wat die reservaat binnegaan met goedgekeurde ontsmettingsmiddel gespuit sal word.


Dit terwyl besoekers deur ontsmettingsvoetbaddens moet stap voordat toegang verkry word.


Die maatreëls is noodsaaklik om die verspreiding van die virus te voorkom en die reservaat oop te hou.


Versuim om hieraan te voldoen kan toegang tot die reservaat beperk.


Ter illustrasie. FOTO: Friends of Franklin
Ter illustrasie. FOTO: Friends of Franklin

Comments


bottom of page