top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: SA gaan 'n miljoen entstowwe ontvang

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 18
  • 1 min read

Die minister van landbou, John Steenhuisen, het aangekondig dat Suid-Afrika ‘n aflewering van eenmiljoen bek-en-klouseer-entstowwe van Biogenesis Bago sal ontvang. Steenhuisen het die aankondiging tydens die Staatsrede-debat gemaak.


Die eerste besending word Saterdag verwag.


Hy sê dit sal die grootste enkele invoer van entstowwe nog wees en sal broodnodige verligting bring aan die provinsies en streke wat die hardste deur die uitbreking getref is.


Steenhuisen sê hy verwag dat die land teen die einde van Maart meer as vyfmiljoen entstowwe sal ontvang.


LUISTER HIER:


John Steenhuisen

FOTO: Facebook
FOTO: Facebook



Comments


bottom of page