BKS kry nie die Bloemskou onder nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 24
- 1 min read
Ten spyte van die bek-en-klouseer-uitbraak, gaan die Bloemskou steeds vanjaar voort met ‘n innoverende landbouprogram.
Volgens inligting wat deur Bloemskou se Uitvoerende Beampte, Elmarie Prinsloo, gedeel is moes sekere landbou-aktiwiteite aangepas word, met bees- en kleinvee-kampioenskappe wat nie vanjaar aangebied word nie.
Organiseerders sê die skou het egter met innovasie aangepas en bied steeds ’n uitgebreide landbouprogram aan, met onder meer perdekompetisies, die Boerboel honde-ras provinsiale kampioenskap en talle ander buitelugaktiwiteite.
Bloemskou vier vanjaar sy 143ste bestaansjaar en beloof ’n verskeidenheid vermaak vir die hele gesin, insluitend kosstalletjies, kuns- en handwerkuitstallings en verskeie musiekoptredes.
Die skou vind van 23 April tot 2 Mei by die Bloemfontein-skouterrein plaas en nooi vanjaar se besoekers uit om die Bloemskou op ’n nuwe manier te sien, voel en beleef — “Parkeer anders, stap anders, ervaar anders.”








Comments