BKS neem steeds toe in die Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 30
- 1 min read
Updated: Mar 31
Bek-en-klouseer neem steeds toe in die Vrystaat, met nuwe gevalle wat in verskeie gebiede bevestig is.
Volgens ’n mediaverklaring van die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling is vier nuwe gevalle aangemeld, wat die totaal op 423 uitbrekings te staan bring. Die siekte kom tans in 17 plaaslike munisipaliteite voor.
Volgens die departement is entstof-voorrade reeds aangevul, met sowat 395 000 dosisse wat ontvang is, terwyl meer as 245 000 beeste reeds ingeënt is. Inentingsprogramme is in al vyf distrikte van stapel gestuur, met ’n fokus op hoërisikogebiede.
Bewegingsbeperkings bly intussen in plek, met plase binne ’n 10km-radius van besmette gebiede wat onder kwarantyn geplaas is.
Owerhede waarsku ook dat versuim om verdagte gevalle aan te meld ’n misdryf is en die beheer van die siekte kan belemmer.








Comments