Ramaphosa stel ‘n waagkapitaalfonds van miljoene bekend om KI-ondernemings te ondersteun

Te midde van kritiek gaan die Suid-Afrikaanse regering nou ’n waagkapitaalfonds bekendstel om KI- en tegnologie-ondernemings in die land te ondersteun.
President Cyril Ramaphosa het ’n fonds van R100 miljoen vir Suid-Afrikaanse beginnerondernemings in die kunsmatige intelligensie- (KI-) sektor aangekondig.
Dit volg ná Ramaphosa en 'n afvaardiging van 300 mense se week lange besoek aan Silicon Valley in Kalifornië in die VSA.
Ramaphosa sê Suid-Afrika het talentvolle stigters van beginnerondernemings wat innoverende produkte ontwikkel met die potensiaal om wêreldwyd uit te brei.
MyBroadband berig die stigter en uitvoerende hoof van die beleggingsmaatskappy Convergence Partners, Andile Ngcaba, sê hy sal R25 miljoen van sy eie kapitaal tot die fonds bydra indien ander entrepreneurs die belegging ewenaar.
Tydens die amptelike aankondiging van die fonds het Ramaphosa gesê die regering sal ook bydraes van private maatskappye ewenaar om Suid-Afrika se KI-pogings uit te brei en die land te help om ’n wêreldleier op dié gebied te word.










Comments