top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Mededingingskommissie vra vir ’n hersiening van SA se apteeklisensiestelsel

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
11 minutes ago
1 min read

Die Mededingingskommissie doen ’n beroep op ’n omvattende hersiening van Suid-Afrika se apteeklisensiestelsel om te voorkom dat die kleinhandelmark deur Dis-Chem en Clicks oorheers word.


Die kommissie sê in ’n verslag die twee groot apteekgroepe vergroot hul markaandeel, wat dit al hoe moeiliker maak vir onafhanklike apteke om mee te ding.


Die kommissie doen ’n beroep op die Departement van Gesondheid om die lisensiëringsreëls te hersien en beheer oor samesmeltings te verskerp. Hy wil ook strenger toesig hê oor lojaliteitsprogramme, vennootskappe met mediese fondse en groothandelbedrywighede.


Die kommissie sê ’n meer ondersteunende regulatoriese omgewing kan kleiner apteekgroepe help om mee te ding en verbruikers se keuse te beskerm.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page