top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Saai eis antwoorde van Steenhuisen oor die koste

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 11
  • 1 min read

Saai het skerp gereageer op onlangse uitlatings en parlementêre antwoorde deur die minister van landbou, John Steenhuisen, oor die koste van bek-en-klouseer-entstof en die nuwe artikel 10-inentingskema.


Maroela Media berig die voorsitter van Saai se direksie, Theo de Jager, sê die organisasie is “uiters geskok” oor wat hy as teenstrydighede in Steenhuisen se antwoorde oor die koste van entstof beskryf. Die twis handel oor die koste van entstof teen bek-en-klouseer, asook die nuwe artikel 10-skema wat voorsiening maak vir ’n vrywillige openbare-private inentingskema.


Saai voer aan dat Steenhuisen volhou dat die staat vir entstof betaal, terwyl die artikel 10-skema bepaal dat die koste van sowel die entstof as inenting deur die eienaar van die ingeënte dier gedra moet word.


Die organisasie meen die staat behoort nie in ’n krisis soos dié buitensporige winsneming sonder enige waardetoevoeging toe te laat nie. Saai sê Steenhuisen skuld die land ’n verduideliking oor waar die verwarring oor entstofpryse vandaan kom.


Die minister en die departement van landbou het nie kommentaar gelewer nie.


Theo de Jager. FOTO: Maroela Media
Theo de Jager. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page