top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Steenhuisen vra raad

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 3
  • 1 min read

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het na Brasilië uitgereik vir raad oor hoe om Suid-Afrika se bek-en-klouseerkrisis te bestuur.


Volgens die departement het Brasilië tans ’n bek-en-klouseer-vrye status ná meer as ses dekades.


Steenhuisen en sy Brasiliaanse ampsgenoot het vroeër die week ’n memorandum onderteken om samewerking in die landbousektor te versterk.


Die departement sê die ooreenkoms sluit ook ’n omvattende aksieplan in om die siekte te help bekamp.


John Steenhuisen. FOTO: Maroela Media
John Steenhuisen. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page