top of page

Bloem-DBV red ‘n hondjie uit ‘n dreinpyp

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

’n Hondjie is gered nadat dit in ’n dreinpyp in Bloemfontein vasgekeer geraak het.


Volgens inligting wat op die Bloemfontein DBV se sosiale mediaplatforms gedeel is, het inspekteurs op ’n noodoproep gereageer nadat die dier in die pyp geval en byna verdrink het.


Die reddingsoperasie is bemoeilik deur die beperkte spasie, maar die span kon die hondjie veilig uithaal.


Die hondjie was koud en geskok, maar ongedeerd en is weer met sy eienaar herenig.


Die DBV het inwoners intussen versoek om oop dreine en gevaarlike openinge behoorlik toe te maak om soortgelyke voorvalle te voorkom.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page