top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemspruit se geskiedenis word as ingenieurslandmerk gevier

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14
1 min read

Die Bloemspruit-stormwaterkanaal is as 'n historiese siviele ingenieurslandmerk erken.


Die Mangaung metro se burgemeester, Gregory Nthatisi, het Donderdag saam met verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese en ingenieurstudente van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie 'n gedenkplaat by die kanaal onthul.


Die kanaal is ná die verwoestende oorstromings van 1904 ontwikkel en het volgens Nthatisi Bloemfontein sedertdien teen opeenvolgende oorstromings beskerm.


Die erkenning vier die werk van die ingenieurs asook die geslagte professionele persone wat dié belangrike infrastruktuur oor die jare onderhou het.


Nthatisi sê op sosiale media dit is 'n trotse oomblik vir Bloemfontein, die Mangaung-metro en Suid-Afrika se ingenieurserfenis.


Gregory Nthatisi. FOTO: Facebook
Gregory Nthatisi. FOTO: Facebook

 

 
 
 

Comments


bottom of page