top of page

Bloem-suid sukkel met waterdruk

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Bloemfonteiners in die suide kan moontlik lae waterdruk ervaar.


Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê in ‘n kennisgewing dit volg ná ’n beduidende opbou van slik by die inlaatskerms van die Welbedacht-dam.


Die slik het glo die wateronttrekkingskapasiteit verminder, wat veroorsaak dat die toevoer na die Brandkop- en Longridge-reservoirs tydelik verlaag is om die stelsel te beskerm.


Gebiede wat moontlik geraak kan word sluit onderandere Vista Park, Rocklands, Pellissier, Fleurdal en Universitas in.


Tegniese spanne monitor tans die stelsel en doen die nodige aanpassings om die toevoer te stabiliseer.


Bloemfonteiners word intussen versoek om water spaarsamig te gebruik terwyl die situasie gestabiliseer word.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page