top of page

Bloemfontein-diewe sit agter tralies

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 5
  • 1 min read

Bloemfontein se elektrisiteitsverskaffer, Centlec, verwelkom die vonnis wat die Bloemfonteinse Landdroshof aan twee mans opgelê het vir diefstal en vandalisme van noodsaaklike infrastruktuur asook die oortreding van die Suid-Afrikaanse Immigrasiewette. Die verskaffer se waarnemende woordvoerder, Tseliso Leba, sê in ‘n mediaverklaring die twee is vroeër vanjaar in hegtenis geneem nadat hulle in besit van ‘n Centlec-elektrisiteitstransformator gevind is. Beide is op alle aanklagte skuldig bevind, en is tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis vir diefstal en vandalisme van noodsaaklike infrastruktuur en 6 maande gevangenisstraf vir oortreding van die Suid-Afrikaanse Immigrasiewette. Leba voeg by met die oplegging van die vonnisse het die Hof die erns van die oortredings wat deur die beskuldigdes gepleeg is, en die negatiewe gevolge vir die samelewing as gevolg van hul optrede, beklemtoon.

 
 
 

Comments


bottom of page