Bloemfontein-familie vra dat dogter se doodsondersoek hersien word
- Armando Pieters

- Feb 12
- 1 min read
Die familie van die 14-jarige Bloemfonteiner, Cailleigh Potgieter, wat na ‘n noodoperasie oorlede is, vra dat die geregtelike ondersoek na haar dood hersien moet word. Netwerk24 berig die vertoeë kom skaars ‘n maand nadat die Bloemfonteinse landdroshof beslis het dat niemand vir die graad 9-leerling se dood veranwoordbaar gehou kan word nie. Cailleigh is in 2010 oorlede nadat sy die vorige aand ‘n blindedermoperasie in Mediclinic Bloemfontein ondergaan het. Landdros Pieter Peyper het in Januarie beslis dat daar nie sonder twyfel bewys kan word dat Cailleigh weens mediese nalatigheid oorlede is nie. Hy voeg by die hof kan, weens ‘n gebrek aan inligting, nie die oorsaak van haar dood bepaal nie, dit is wel duidelik dat Cailleigh se toestand in die ure voor haar dood, nie ordentlik dopgehou is nie.





Comments