Bloemfontein kry ‘n nuwe stelsel om water beter te bestuur
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het ’n nuwe stelsel bekendgestel wat moet help om watergebruik en waterverliese beter te monitor.
Volgens inligting wat deur die munisipaliteit gedeel is, is die Telemetry- en SCADA-stelsel by die Hamilton Park-stasie in Arboretum, Bloemfontein, bekendgestel.
Die stelsel vorm deel van die metro se 18-punt-wateraanvraagstrategie en sal aanvanklik op uitdagings in Bloemfontein fokus voordat dit na ander dele van Mangaung uitgebrei word.
Die metro sê die stelsel sal help om watergebruik te monitor, waterverliese op te spoor en die waterverspreidingsnetwerk beter te bestuur.
Die uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, het die inisiatief verwelkom en beklemtoon dat goed onderhoude infrastruktuur belangrik is vir doeltreffende waterdienslewering.
Hy sê samewerking tussen die verskillende regeringsfere is noodsaaklik om wateruitdagings die hoof te bied.







Comments