top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Bloemfontein se noordelike stortingsterrein moet gesluit word’

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6
1 min read

Die VF Plus is van mening dat die noordelike stortingsterrein in Bloemfontein gesluit moet word.


Volgens Netwerk24 het die party die terrein besoek en sê die ligging naby ’n woonbuurt, asook probleme met die bestuur daarvan, hou risiko’s vir die gemeenskap in.


Die party voeg by dat die stortingsterrein beter gereguleer moet word en dat inwoners ook beter ingelig moet word oor die korrekte hantering van afval.


Intussen sê die Mangaung-metro hy is bewus van onwettige herwinningsbedrywighede by die terrein en het reeds maatreëls ingestel om die bestuur daarvan te verbeter.


Dit sluit onder meer 24-uur-sekuriteitspatrollies, herstelwerk, beter omheining en toegangsbeheer in, asook samewerking met die polisie en ander wetstoepassingsowerhede.


Ter illustrasie. FOTO: Nova News
Ter illustrasie. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page