Bloemfontein se SANBS vier een van hul eie
- Armando Pieters

- Aug 29
- 1 min read
Terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) hul ChangeALife-plaatjieveldtog voortsit, vier hul een van hul eie. Luidens ‘n plasing op sosiale media het ‘n skenkerverhoudingspraktisyn in Bloemfontein, Natalie Booysen, onlangs haar 84ste eenheid by die Victorian Square-skenkersentrum geskenk. Volgens die SANBS se webtuiste speel bloedplaatjies 'n belangrike rol in bloedstolling en die voorkoming van oormatige bloedverlies. Dit is daarom dat bloedplaatjies noodsaaklik is vir pasiënte met bloedafwykings, kanker, trauma, en ook pasiente wat oophartoperasies en orgaanoorplantings ondergaan. Verder is kankerpasiënte ook hoogs afhanklik van gereelde bloedplaatjie skenkings.





Comments