top of page

Bloemfontein-tiener se beweerde ontvoerders vrygelaat

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 1
  • 1 min read

Ondanks hul dramatiese inhegtenisneming, is die saak van die vyf mans wat na bewering die Bloemfonteinse tiener Kamogelo Baukudi ontvoer het, nie op die hofrol geplaas nie.

Central News berig die mans is gister vrygelaat nadat hulle nie in die hof verskyn het nie.

Volgens ‘n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), MojalefaSenokoatsane, is daar sover geen bewyse wat die mans met die misdaad verbind nie.

Die mans is ná ‘n gesamentlike polisieoperasie in Wepener vasgetrek – drie by ‘n huis in Kanana buite die dorp, en twee op ‘n grondpad waar hulle saam met Baukudi in ‘n voertuig aangekeer is.

Senokoatsane voeg by die ondersoek is steeds aan die gang, en die NVG het voorlopig besluit om nie die saak te bring nie.

 
 
 

Comments


bottom of page