top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiners help 'n kat uit die boom

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

'n Kat wat die hele dag hoog in 'n boom in Pellissier vasgesit het, is laat Sondagaand veilig gered.


Dit danksy 'n span Bloemfonteiners wat saamgespan het om te help. Volgens die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging, oftewel die DBV, het 'n inwoner hulp gevra nadat niemand die kat kon afkry nie.


Die Fichardtpark/Hospitaalpark Buurtvereniging se Marius Earle het sy verlengleer gebring, terwyl die DBV se leerlinginspekteur Direkta Martins in die boom geklim en die kat gered het.


Die DBV sê die kat was ongedeerd en bedank almal wat gehelp het. Volgens die organisasie wys die reddingspoging wat moontlik is wanneer 'n gemeenskap saamwerk.


FOTO: Bloemfontein DBV
FOTO: Bloemfontein DBV

 
 
 

Comments


bottom of page