top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiners in die noorde moet sorg dat hulle genoeg water stoor

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 31
1 min read

Inwoners van Bayswater, Navalsig, Naval Hill, Noordhoek en omliggende gebiede in Bloemfontein word gewaarsku oor ’n beplande 36-uur-wateronderbreking vanaf Donderdag 3 September.


Die Mangaung-metro sê die onderbreking is nodig vir instandhoudingswerk, waaronder die skoonmaak van die Hamilton Park-reservoir, inspeksie van terugslagkleppe en herstelwerk aan ’n klep by die rivierkruising.


Inwoners word aangeraai om vooraf genoeg water te stoor en water spaarsamig te gebruik gedurende die onderbreking.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page