top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiners kan afslag op munisipale rekeninge kry

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 27
  • 1 min read

Inwoners van Bloemfontein met munisipale skuld kan nou reëlings tref om hul rekeninge ten volle te vereffen en sodoende moontlik afslag te kry.


Bloemnuus berig die Mangaung Metro Munisipaliteit het gister vir die tweede agtereenvolgende jaar 'n skuld-inisiatiefskema goedgekeur. Inwoners, residensiële deelskemas en huiseienaarsverenigings kan van twee metodes gebruik maak.


Eerstens kan diegene wat hul skuld ten volle in kontant delg 'n afslag van 50% op alle skuld ouer as 120 dae kry. Tweedens kan dié wat hul skuld wil afbetaal 'n deposito van 30% van die totale uitstaande bedrag betaal, en die res in gelyke paaiemente afbetaal. Hulle sal ook afslag van 50% kry.


Aansoek kan van 1 Maart tot 30 Junie gedoen word.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page