Bloemfonteiners word gemaan om voor te berei
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 24
- 1 min read
Bloemfonteiners word aangeraai om praktiese voorsorgmaatreëls te tref terwyl herstelwerk ná die ontploffing by die Bayswater-verspreidingsentrum voortduur.
Volgens 'n kennisgewing van die DA-Mangaung kan herstelwerk aan hoëspanningsinfrastruktuur van sowat 24 uur tot verskeie dae duur, afhangend van die omvang van die skade.
Inwoners word aangemoedig om yskas- en vrieskasdeure toe te hou om kos te bewaar, drinkwater te stoor en spaarsaam te gebruik, asook om selfone en noodsaaklike toestelle te laai wanneer krag beskikbaar is.
Die publiek word ook versoek om bejaardes en kwesbare bure dop te hou, kragopwekkers veilig te gebruik en toestelle af te skakel om skade te voorkom wanneer krag herstel word.








Comments