Bloemfonteinse woordsmede het weer 'n tuiste in 'n nuwe skrywersvereniging
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Sep 27
- 1 min read
’n Nuwe Afrikaanse skrywersvereniging vir Bloemfontein is pas gestig om die leemte te vul nadat die eertydse Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) in die tyd van die Covid-19-pandemie ophou bestaan het.
Een van die mense wat die BSV wou laat herleef, Amos van der Westhuizen, is as voorsitter gekies.
Volgens Volksblad sê hy die BSV het outomaties ontbind omdat ledegeld vir jare nie betaal is nie. Een van die eerste take is om ’n gepaste naam te kry vir die nuwe vereniging.
Die belangstellendes was dit eens dat dit ’n vereniging vir Afrikaanse skrywers moet wees, hoewel Engelse lede welkom is.
Hulle sê die doel van die nuwe vereniging is “om te bou aan ’n skrywersgemeenskap in Bloemfontein”.






Comments