BLSA waarsku die land om nie te selfvoldaan oor elektristeitshervorming te wees nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 9
- 1 min read
Business Leadership South Africa (BLSA) het die land gewaarsku om nie selfvoldaan te wees oor elektrisiteitshervorming nie.
Die organisasie het kommer uitgespreek oor die land se elektrisiteitshervorming. Hy sê die ooreengekome hervormingsplan het die herorganisasie van elektrisiteitsopwekking en -verspreiding ingesluit. Dit het ten doel om stabiliteit en billike mededinging te verseker om elektrisiteitspryse te verlaag.
BLSA meen die hersiene ontbondelingsplan wat in Desember goedgekeur is, bedreig die vooruitsigte vir netwerkbelegging.








Comments