Boekwurms vier Koop-’n-Afrikaanse-boekdag
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 14
- 1 min read
Vrydag is Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, ’n inisiatief van die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV.
Die dag is daarop gemik om lees en die Afrikaanse letterkunde te bevorder en word vanjaar vir die 22ste keer gevier.
Wyle Nolte Smit het die inisiatief begin om skrywers te ondersteun en die voortbestaan van Afrikaanse letterkunde te bevorder.
Maroela Media berig daar word veral gefokus daarop om jonger lesers se belangstelling in boeke en lees te prikkel.
Volgens projekorganiseerder Shireen Crotz fokus die VVA op die bevordering van lees en maniere om ’n liefde vir lees van ’n jong ouderdom af by kinders te kweek.
Hulle streef ook daarna om die taalarmoede wat tans in ons samelewing heers te verlig en om kinders trots op hul moedertaal te maak.








Comments