Bonnie Tyler is uit haar koma, maar steeds ernstig siek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 16
- 1 min read
Die sangeres Bonnie Tyler is uit haar koma, maar bly steeds ernstig siek in die intensiewesorgeenheid in 'n hospitaal in Portugal.
Die BBC berig haar toestand verbeter en dokters is vol vertroue dat sy sal herstel, hoewel die vordering stadig is.
Tyler se komende sal gekanselleer of uitgestel word, terwyl daar steeds gehoop word dat sommige van haar daaropvolgende veronings kan voortgaan.
Rosestad-nuus het vroeër berig Tyler is in Mei met ’n noodgeval na ’n hospitaal gehaas vir dringende dermchirurgie en is in ’n geïnduseerde koma geplaas om haar herstel te bevorder.








Comments