Bosa sê Tesourie moet verbruikers teen hoër brandstofpryse beskerm

Die leier van Build One SA (Bosa), Mmusi Maimane, sê die Nasionale Tesourie moet alles in die stryd werp om sukkelende verbruikers teen die jongste brandstofprysverhoging te beskerm.
SABC-nuus berig Maimane het 'n nuuskonferensie in die Parlement gehou op die vooraand van die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring wat volgende week gelewer word.
Petrol het verlede week tot nagenoeg R30 per liter gestyg en diesel tot meer as R30 per liter.
Maimane sê Bosa verwag dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, tydens sy toespraak volgende week 'n reddingsboei aan verbruikers sal uitgooi.
Rosestad-nuus het vroeër berig motoriste kan in November weer ’n brandstofprysverhoging verwag, met voorlopige ramings wat op ’n styging van meer as R2 per liter vir petrol dui.









Comments