Bosa verwerp voorstelle vir die privatisering van munisipale dienste
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Build One South Africa (Bosa) het voorstelle om sommige munisipale dienste te privatiseer verwerp.
Die DA het vroeër vandeesmaand tydens die bekendstelling van sy manifes vir die plaaslike regeringsverkiesing aangekondig dat hy die lewering van sommige munisipale dienste wil privatiseer.
Die party stel ’n groter rol vir die private sektor in die finansiering, instandhouding en bedryf van munisipale dienste voor.
Bosa sê privatisering beteken nie noodwendig beter dienslewering nie.








Comments