top of page

Brande woed in die Metro

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 7, 2025
  • 1 min read

Verskeie brande het die naweek in die Mangaung Metro Munisipaliteit gewoed. Volgens Bloemnuus is geen sterfes tydens enige van die ses brande aangemeld nie maar ‘n persoon is vir rookinasemhaling behandel. Dit na hy glo gehelp het om die brand by ‘n woonkompleks in Boerneefstraat, Langenhovenpark te blus. Brandweerhoof van die Mangaung Metro se brand en reddingsdepartement, Braam van Zyl, sê dit lyk of niemand by die huis was toe die brand ontstaan het nie. Lede van ‘n buurtwag het die brandweer ontbied maar die dak van die woning het reeds met hul aankoms ineengesort. Hy voeg by die brandweer se forensiese span sal na verwagting Maandag met hul ondersoek na die oorsaak van die brand begin.

 
 
 

Comments


bottom of page